Skool ure

Kleuters kan vanaf 06:45 by die skool afgelaai word. Ouers wat ‘n behoefte het om maats teen 6:30 af te laai, kan die kleuters in die hulppersoneel se sorg laat. Halfdagmaats moet stiptelik om 13:15 opgehaal word by die skool. Die skool sluit vir voldagmaats om 17:30. Die Kleuterskool sluit nie gedurende skoolvakansies nie en word daar ‘n vakansieprogram gedurende hierdie tyd gevolg teen GEEN addisionele kostes nie. Die Kleuterskool sluit vir ongeveer 3 weke gedurende Desember/Januarie. Ouers sal vroegtydig van die datums ingelig word.

FONTEINTJIE NUUS

Kleuters ontvang weekliks ‘n nuusbriefie oor al die gebeure by die kleuterskool.

Notas word in die kleuters se kommunikasie boekies geskryf.

Hou ook die witbord dop vir nuus!